Date: 9/5/2008
Mad Poet 57
Die Judas-man
Is ek van my sinne beroof
as dit kom by die kwessie
van geloof?
Is ek die Judas-man waarteen
jou siel so koesterlik betoog?
Vanuit die vinger van jou oog
het jy my van sewe silwer
muntstukke beroof en jou
Skepper as 'n spierwit lam
vir nog sewe verkoop.
Ek is die hoeksteen van
die sondaars se geloof
en die splinter in jou oog!
Ek is die Judas-man en moes
die Christus opgee oor
'n silwer traan,
sodat sondaars hul geloof soos
'n galg om my nek kan hang.
Die Ontwerp is so intiem!
My vermoe le tussen die grens van verbeelding en die wese van die mens!
Die Ontwaking, die transformasie vind plaas in my gees. En dit verander my mens-wees!
Kom, dan vertel ek jou n geheim; Persepsie, is individuele energie bestuur!
Ek is die eteriese ligaam, gedompel en gedoop in vuur!
Dit is my en jou se enigste krag in die noodlot uur! So. Druk jou vinger in jou oog en kyk weer na die man in die spieel waarteen jou siel so koesterlik betoog!
Die oorwinning le in die oog!
En die mensdom se geestelike
ontwaking is afhangend van die
val van georganiseerde geloof!
So waar as waaragtig!
Nou is ek van my sinne beroof!
Wat sou jy doen sonder
die Judas-man, as om nie dalk die galg
om jou eie nek te hang?
.....A.....
NEXT/INDEX
Blogs
Main